Liewe Heksie

Wie onthou vir Liewe Heksie? Ek het vir my Liewe Heksie se Omnibus gekoop. Nou lees ek saans voor ek gaan slaap vir Trompie n Heksie storie. Dit kalmeer my totaal en al en laat my lekker slaap.

Maandag=Wasdag 28: Avontuur, ondervinding, Vertelling.

Maandag is weer hier. Dankie aan die volgende ouens wat saam gesels het verlede week: Appeltjie https://appeltjie.wordpress.com/2020/09/14/maandag-waskamer-27-kamer/ Kameel https://kameel179438031.wordpress.com/2020/09/15/kameel-kamers/ Lekkervurig Hier gaan ons dan. Almal wat Afrikaans is kan saam skryf. Gee asseblief vir my ‘n skakel of pieng-terug in my kommentaar sodat ek erkenning kan gee aan jou skrywe en ook dit aan ander…

Maandag=Wasdag 27: Kamer

Welkom by nog n Maandag. Almal wat Afrikaans skryf kan kom saam skryf en deel in my wasgoedmandjie. Al die wasgoed is gesorteer vir die week. As jy so voel kan jy na my webtuiste n pieng-terug stuur of sommer net jou pos se skakel in my kommentaar plak sodat ander ook kan lees wat…

Maandag=Wasdag no 26: Skoene

Lekker ou lekker. Hier gaan die wasdag weer verder. Almal wat Afrikaans is is welkom om deel te neem. Geen vieterjasies, niks nie. Skryf net in Afrikaans want Afrikaans skryf so lekker. Ek nooi jou ook uit as jy geskryf het om asb jou skakel in my kommentaar te plak sodat ander ouens ook kan…

Maandag=Wasdag no 25: ALFABET

Alfabet Die alfabet het 26 letters. Skryf ‘n woord by elke letter wat met die letter begin. Woorde wat sommer in jou gedagte opkom. Gebruik dan elke woord in ‘n vertelling of paragraaf. Eintlik moet die woorde alfabeties op mekaar volg in die skryfsel. Ek gaan dit nie so streng maak en jou bind om…

Kouse, kouse,kouse

Crista: https://christavanstaden.com/2020/07/09/sykouse-in-qazaqstan/ skryf oor sykouse wat sy moes dra toe sy skoolgehou het vroeër jare. Hester: https://www.hesterleynel.co.za/2020/07/12/sykouse-tights-pantyhose-skinny-jeans-leggings-en-jeggings/ skryf ‘n hele interessante blog oor sykouse, broekiekouse  en vandag se jeggings Ek kan die volgende byvoeg: Terwyl ek op kollege was het ons steeds sykouse gedra met skoene. Veral ook  in die winter en as ons gaan…

Kinderprenteleesboek

Ek het vir 21 dae ‘n heerlike kursus gedoen om ‘n kinderstorie te skryf. Dit was ‘n nuwe ondervinding vir my. Ek het baie geleer. Dis vir kleintjies 3-5 jaar wat nog nie baie lank kan luister of aandag gee nie. Die illustrasies gaan natuurlik ook ‘n groot rol speel. Die storie is in Engels….

Oeps! Wat Wou!

Aardbewing 25/05/2020 Staat die ou afgterede vrou in haar pink japon, boude in die lug, gebuig oor Trompie se kosbak in die waskamer waar Trompie soggens sy ontbyt kry. Ewentewel, ek krap meestal die deel wat Trompie moet kry los oppad vanaf die yskas na sy kosbak. Trompie wag netjies soos ‘n opgevoede brak dat…

‘n Tyd om te besin Mei 2020

‘n Tyd om te besin 15 Mei 2020 Prediker 3:1-11 Prediker 3:1-11 ABA Daar is ‘n regte tyd vir alles, elke ding in hierdie wêreld gebeur op die regte tyd. Daar is ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterf, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om plante uit…

Oud leerders en nog wat…

Christa skryf oor leerders wat die juffrou nie ken nie as hul uit die skool is. Dit is waar in gevalle as die juffrou nie lank met hul gewerk het nie. Ek het ‘n hele paar jare in plattelandse skole skool gehou. Almal het mekaar geken. Almal het ook geweet waar wie was en wat…