Maandag = Wasdag 2: Plaas

‘n Week is verby en dis weer tyd vir ophang en uithang hier op Maandag = Wasdag.

Almal is welkom om te skryf waaroor hul wil. Jy mag een, of meer van die woorde gebruik. As jy voel daar is nie een wat jou n bietjie prikkel nie mag jy selfs iets skryf waarvoor jy lus het.

As jy so voel stuur ‘n skakel van jou blog af of plak jou skakel in die kommentaar sodat ander ook kan lees waaroor jy  geskryf het.

Toortsie het n lekker storie geskryf oor ‘n storm wat gebroei het.

https://toortsie.com/2019/06/19/die-storm/

Ons woorde:

dwelms, jeugdiges, voorkeure en/of afkeure, plaas, wen, voëls

Boerdery loop in my bloed.

Daar is steeds ‘n sagte plekkie in my hart vir boerdery. As tiener het ek die geleentheid gehad om saam met my ouers met melkbokke te boer. Na my studies het ek my eie melbokstoet gehad. Dit was my lewe. Ek het ook ‘n hondetelery gehad.

Nadat ek in 1980 getroud is was daar nie geld om ‘n plasie te koop nie. Ons het wel ‘n groterige erf gehad, met later ook ‘n boorgat. Die tuin was ons plaas. Daar was altyd genoeg vars groente en vrugte om ons in die nodige te voorsien. My man het selfs elke jaar wit slaghoenders gevoer en geslag sodat ons ook altyd goed voorsien was van hoendervleis. Eg plaas gewees met tye!

Hier in NZ geniet ek dit elke oggend en middag om uit te ry skooltoe, waar ek oggend en middag na skool toesig hou.  Ek ry ongeveer 15 km met snelweg 2(State Highway 2) wat tussen klein plasies kronkel en draai tot by Plateauweg. Dit is lekker om beeste te sien wei. Daar is ook plekke met ‘n perd of twee.

Die Huttrivier vloei aan die eenkant van die pad. Aan die anderkant  is daar goed versorgde huisies tussen hoë ou bome. Mens kan agterkom dat die mense vir hul huise en diere omgee.

Ek verlang soms na die boerdery dae maar is baie dankbaar dat ek elke dag die pragtige roete kan ry en geniet.  Die skool nestel ook onder aan die voet van ‘n dig beboste heuwel.

Image

Geniet jou skrywe in Afrikaans.

Tot volgende keer.

Advertisements

24 Comments Add yours

  1. Ek sal die week probeer. Jou pad klink heerlik, ek neem aan die kinders het maniere as jy so uitsien om te gaan toesig hou. By ons het toesighou in 2005 al ‘n riller geword.

    Like

    1. Dit sal gaaf wees om ietsie te skryf. Sien uit daarna. Die kinders is nie heeltemaal die aantrekkingskrag nie. Die omgewing maak op vir hul slegte maniere. Hier is ook maar n klompie wat geen respek vir volwassenes het nie.

      Liked by 1 person

        1. As jy nou jou stuk op jou blog gesit het moet jy heel bo aan jou bladsy kyk daar staan https: jou blognaam wordpress…. datum en opskrif van jou stuk. Highlight dit en kliek regs om dit te copy. Gaan na my bladsy en plak dit in my kommentaar onder aan die week se opdrag. Hoop dit help. Vra maar as daar nog iets is.

          Liked by 1 person

          1. Ek sien nie die kommentaar blokkie by joune nie

            Like

                1. Baie happy dankie. Bly jy’t geskryf.

                  Liked by 1 person

          2. Ek het link na jou opdrag gestuur. Werk dit?

            Like

  2. Sonel sê:

    Plaaslewe is tog te lekker en dis mooi daar by jou. Ek kan sien jy geniet dit daar. 😀

    Like

    1. Ek geniet dit ter deë. Dis heerlik skoon en vars.

      Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    Ek is nou heeltemal deurmekaar…wie is kreukels en plooie? Moenie lag nie, ek verloor vinnig my pad in die kuberruimte!!!

    Like

    1. Haha, nou laat jy my lag. Dis steeds ou Scrapy wat bietjie haar Afrikaans geskei het van die Engelse “boring” manier!

      Liked by 1 person

      1. Kameel sê:

        Oooooo so jy is kreukels en plooie. 😂😂😂 Is die woorde reg? Baie oorspronklik!!!

        Like

        1. Ja dis reg! Ek sien daagliks my kreukels en plooie in die spieël, dis nou liggaamlik nê! Dan maak die skrywery ook kreukels en plooie namate dit geskryf word.

          Liked by 1 person

  4. Hehehehe sien ek kan nie eers spel nie

    Like

    1. Haha juffrou! Goed om te weet.

      Liked by 1 person

  5. O aarde en hier sit ek nog steeds met laas Maandag se lysie en geen inspirasie! Sal vandeesweek probeer deelneem.

    Like

    1. Moenie komkommer nie. Ontspan net en skielik sal daar iets opduik. Jy kan vorige woorde ook gebruik. Allrs gaan net om n bietjie te prikkel.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.