Maandag=Wasdag no 12. Wat ‘n avontuur!

Image result for washday cartoon

Ek hang net gou nuwe wasgoed op. Ek op die oomblik ‘n plaasvrou! Dis katte, honde, skape, hoenders en kuikentjies. Ongelukkig is die weer so sleg dis gladnie baie aangenaam nie.

Hier skryf ons in Afrikaans. Almal mag ‘n stuiwertjie in my arm beurs gooi as julle so voel. Vertel van n heerlike, opwindende avontuur of ondervinding. Noem my naam of Maandag=Wasdag sodat ander ook kan deelneem asseblief. Plak ook jou pos se skakel in my kommentaar sodat ander dit ook kan lees.

Al wat jy moet doen is om dit te geniet.

Wat ‘n wilde avontuur het ons op die plaas.

Image result for spring on the farm pictures

Alles het begin met ‘n advertensie in ons skool se nuusblad. Ek het laat weet dat ek beskikbaar is om gedurende die Kersvakansie te kan huis/diere oppas. Daar was geen reaksie nie. Skielik 5 weke terug kry ek ‘n epos van ‘n vriendin wie se plaas ek drie jaar gelede opgepas het (haar kinders is nie meer by my in die skool nie.) Sy vra of ek nog beskikbaar is om hul plaas op te pas. Hul wil vir ‘n week weggaan na Duneden. Die man en twee seuns gaan aan ‘n bergfiets tydren deelneem, en sy en die dogter gaan by haar bejaarde pa kuier terwyl die manne jaag. Haar broer kom ook van Australie om te kuier. Dit was nou telepatie gewees. Ek het dadelik ja gese. Die beste van alles is dat die volgende dag daar nog ‘n huis sit geleentheid vir die tweede week van die vakansie opduik. Aangesien ek ‘n deel van die tweede week ook huissit kan ek dit nie doen nie. Die mense het my toe sommer vir die Kersvakansie bespreek. Die lekkerte is dat dit ook buite op ‘n plaas gaan wees. Die man is ‘n Suid Afrikaner en sy twee kinders is by my op skool. Hul het die advertensie gesien. So werk alles op die einde ten goede uit.


Op die oomblik sit ek op die plaas, bo in die berge omring deur hoe bome. 

Dis Sondag en dit reen, dis winderig en heel onplesierig. Ek het sommer nou die vuur in die kaggel aangesteek om die huis te verwarm.

Dis ‘n hele avontuur om so hier op my eie sonder TV en internet(Internet het ek toe darem gekry) te sit. Ek kan nou werklik die week aan my skrywery wei. 

Hier is drie katte, twee hasies waarvan een besig is om ‘n tonnel te grawe op die grasperk (ek hoop net hy bly in die hok tot sy mense volgende Maandag terugkom.) Daar is ‘n hele troppie skape wat hier om die huis wei. Die veld is na die winter behoorlik opgevreet. Hul wei nou in die kampe naby die huis. Daar is ‘n elektriese heining opgesit sodat hul nie verder die pad kan afloop nie want daar is net bome en dan die huis se grasperk. Hier is een skaap wat elke nou en dan troostelose bler. Ek kannie glo dat die diere maar so aan hul eie oorgelaat word. Hul het nie skuiling of ‘n kraal nie. Dit loop en le maar soos dit kom, in wind en weer.

Dan is daar die hoenders. Die hoenderkamp is seker so 500 meter van die huis af. Dis “free range” hoenders. Hul wei op hul eie buite hul kamp. Daar is seker so ‘n stuk of vyftien kiepies en ‘n haan. Een van die hennetjies het ‘n week voor ek gekom het ses kuikentjies uitgebroei. Hulle moet eers binne bly want hier is valke wat die goedjies vang. Daar is ook n ‘stoat’ hermelyn? hier wat die kuikentjies vang. Gelukkig was hier lanklaas een gewees want hul klim in die hokke as hul die kans kry.

Nou eers die beste van alles. 

Trompie geniet hom gate uit. 

Ek laat hom toe so ewe Saterdag oggend uit die kar uit in die hoop dat hy by my sal bly. Verkeerd gehoop! Meneer hol die bosse in. Nou nie regtig ruig nie maar steeds skoon weg. Hy volg net sy neus. 

Ek begin toe maar aflaai. Die sewe trappies waarlangs ek moet opklim is steil en nogal hoog. Met my ou rumatiek gebeentes het ek heel versigtig die trappies bestyg. Ek het so drie sakke met kruideniersware op die derde trappie gesit. Eerste twee trappies opgeklim. Sakke nog twee trappies opgeskuif en self twee geklim. Bo gekom, een-een ingedra. Weer af ondertoe, en dieslfde met die volgende pakkaas. Dis beddegoed, honde goed, eie goed en skryfgoed. Alles ingekarwei met tussenposes van bietjie sit, asem skep en verder gaan. In die tussentyd bekommer ek my oor meneer T wat nie terugkom nie. Ek roep maar hy is horende doof. Toe ek weer onder by die motor is besluit ek om die kar aan te skakel asof ek gaan ry. Soos n gesmeerde blits kom Trompie aangehol, ha ha. Lekker uitgevang, die stouter. 

Na my laaste uit-, op- en indra wou ek die deur toemaak sodat Trompie nie weer koers kry die bult uit nie. Ongelukkig vir my was hy reeds weer weg. Ek sien hom doer op die hoogte hardloop, snoet op die grond en ore wat wapper soos hy hardloop. Ek roep hom. Hy vlieg om en hardloop so wat hy kan die bult af oor die sloot en deur die bosse. Klein stouter ken ook nie sy einde nie. Ek hou hom mos maar altyd aan sy leiband en ek dink hy het so vry soos die vryste hond op aarde gevoel.

 Geen hond wat hom jaag. Geen ou-vrou wat hom heeltyd inhou nie. Hy was gisteraand gedaan na al die rondhollery. 

Ons het sommer vroeg in die bed geklim en selfs vanoggend(Sondag) ‘n bietjie later opgestaan. 

My storie raak nou lekker lank. Ek moet egter nog die ontmoeting met die katte vertel.

Trompie en die katte.

Puma is ‘n ouer kat wat heel besadigd is. Hy en Trompie ken mekaar al. Hul pla nie mekaar nie. Puma is ook ‘n baie vriendelike kat. Hy le in die washuis, of op die kussing voor die kombuisdeur.

Dan is daar Compton ‘n swart en wit kat. Sy is heel vriendelik as ek uitgaan. Sy laat toe dat ek haar streel en met haar gesels. Sy ken nie van honde nie en kyk met groot oe as ek die deur oopmaak. 

Trompie het egter net een ding op sy brein as hy kan uitgaan- kattekos en hul eetbakkies. Hy vergeet telkens daar is twee katte wat sit en wag. Die katte kry nie eers kans om te koes nie. Hy hol net om om die draai te kom na die katbakkies. In die tussentyd dink die twee katte hy storm hulle. Hul vlieg elkeen in ‘n ander rigting. Sodra Trompie uit is kom die twee weer terug want sien, hul is gewoond om in die huis te wees. 

Met Trompie binne en die slegte weer, het ek nog nie probeer om die klomp in te laat nie.

Die derde kat is Penni. Sy is ‘n laslappie-kat eintlik ‘tortoiseshell’, maar ai, so wild as kan kom as dit by die sien van Trompie kom. Sy was byvoorbeeld gladnie tuis Vrydagaand. Sy het haar seker gewip omdat sy Donderdagnag en Vrydag buite die huis moes bly. Sy het eers laat Saterdagmiddag kom kos vra. 

Trompie het met al die katte rondom hom vrede. Hy soek net katpoo en dan of daar iets in hul eetbakke oorgebly het. Eintlik is hy bang vir hulle. As hy klaar sy draai geloop het staan hy op ‘n afstand en kyk waar die katte is. Hy waag dit nie om nader te kom nie(regte ou papbroek )Ek moet hom van die grasperk gaan haal. Hy loop dan kort op my hakke en ook sodat ek altyd tussen hom en die katte is. 

Dit dan ‘n hele mond vol avontuur op die plaas.

Dalk skryf ek later nog ‘n episode. Ek glo daar sal beslis nog dinge gebeur wat ek kan beskryf.

Ek het my kamera tuis vergeet maar ek beplan om more in te gaan dorp toe. Ek sal later fotos wys(as die weer dit toelaat om uit te gaan!)

23 Comments Add yours

  1. Ag lekker. Wees asseblief veilig! Sien ui na die foto’s

    Like

    1. Dankie, die stormweer maak my wiele pap. Mens kan net binne bly.

      Liked by 1 person

      1. Ek verstaan alte goed! Hier gaan ek lank binne bly!

        Like

  2. Kameel sê:

    Dit klink lekker Scrapy maar is dit nie baie alleen so by jouself nie. Verstaan nie hoe plase daar werk nie… is daar nie mense wat met die boerdery help nie?

    Like

    1. Geen hulp van enige aard nie. Alles word deur boere self gedoen. Bleddie skape het uitgekom nou wonder ek of ek hul moet terugjaag. Ek twyfel want ek wil nie val en seerkry nie.

      Liked by 1 person

  3. Sjoe dis ‘n hele avontuur… siestog en jy sal weer al die goed in die kar moet kry. As jy internet het is jou whatsapp ook aan.

    Like

    1. Nee whatsapp werk nie in die berge nie! My foon is so dood soos n mossie. Daar is nie foon opvangs nie.

      Liked by 1 person

      1. Toemaar dis nie so lank nie.

        Liked by 1 person

  4. Dit klink na ‘n idilliese bestaan. Geen foon nie. Darem internet. Trompie wat oor die werf rondhol. Ag jinne, ek is nou skoon jaloers.

    Like

    1. Hier is darem n landlyn. My selfoon se battery het besluit op op te hou werk. Nou sal ek as ek teruggaan n nuwe battery moet kry, sug! Altyd iets. Dis baie lekker hier. Net jammer die weer wil nie saamspeel nie. Kannie juis uitgaan nie en dis bibber koud hier bo.

      Liked by 1 person

    1. Baie dankie Kameel. My kop is nou so dol van alles wat om my aangaan dat ek nie weet of ek Arther of Marther is nie. Ek moet glo die Adder-koerant se skrywers bietjie gaan verken en n paar feite gaan uitsorteer in die gat van die biblioteek se vloer, haha! My kop gons!

      Liked by 1 person

      1. Kameel sê:

        Tawwe opdrag Scrapy… en dan moet die misterie nog bietjie dikker aangemaak word ook. Sterkte. Gedog rustig op die plaas gaan jou muse floreer 😂😂😂

        Like

        1. .Dit floreer beslis. My gedagtes hol met my weg, My vingers kannie bybly om te skryf nie.

          Liked by 1 person

    1. Baie dankie gaan nou eers Towerin voor ek jou stuk lees. Jippy die son skyn op die oomblik. Duime vas vir n bietjie warmte.

      Liked by 1 person

      1. Ek hou duim vas. Swaai die towerstaf.

        Like

        1. My taak is in soos Kameel sal sê!

          Liked by 1 person

  5. Met my tyd wat ek nie gebog het nie het ‘n paar van “follows” verdwyn sonder dat ek “unfollow” het. ek sukkel egter om weer an die gang te kom. Maar ek volg jou nu weer. Vanaand terg die ysbere in die Kaap maar oor die algemeen is dit al heelwat warmer.

    Like

    1. Aha, jy is welkom. Goed om van jou te hoor. Ek kry self ook nie veel tyd nie en dan bly my brein oortyd werk omdat ek nie by skryf uitkom nie

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.