Avontuur op die plaas deel 4

More, Maandag, is dit weer terug hok toe na twee weke se vakansie. Die laaste skof vir 2019.

Deel 4 van die avontuur op die plaas.
Ek is vanoggend nou al weer by Vrydag en het nie gister se stories vertel nie.

Donderdag oggend hoor ek weer skape blêr op ‘n afstand. Ek het besluit om vandag aan my skryfwerk te wei en te vergeet van skape wat wegloop. 

Die son het  tussendeur geskyn maar ek het steeds die verwarmer aangehou. Die voorkant van die huis het lekker warm gebly. 

 Eers die volgende episode: Woensdagaand laat ek Trompie uit om sy laaste draaitjie te loop. Hy snuif eers weer rond. Ek laat hom voor uitgaan omdat die vorige ondervinding met die kat Trompie heel skrikkerig maak.

Hy doen toe sy besigheid maar kom nie dadelik terug in nie. Hy snuf nog eers verder. Hy gaan na waar die karre geparkeer staan om te keer dat mense nie aan die elektriese heining raak nie. Trompie besef nie dis gevaarlik nie. Hy snuffel en loop pardoems in die draad in. Hy vlieg om met ‘n getjank reguit deur toe en na binne. Ek dink dit was seker nie te lekker nie!

In die middel is die paal wat ou getoets het om oor te klim.

Donderdagmiddag het die skape op hul eie teruggekom na hul omswerwinge. Hul wag by die hek om ingelaat te word. Ek was net van plan om hul in te laat toe ‘n twin cab bakkie hier stop. Die jongman waai vriendelik. Ek loop hom tegemoet. Hy stel homself voor maar ek het sy naam klaar vergeet. Hy kom om na sy byekorwe te kyk. Hy bly glo onder, oorkant die pad(bure van die familie hier).

Ek beduie van die elektriese heining. Hy sê hy klim sommer oor. Ek het hom toe oortuig om by die syhek in te gaan en weer by die agterste hek uit want die korwe is aan die agterkant van die hospitaal. Ek het hom sommer gevra om die hek vir die skape oop te maak en hul in te jaag as hy klaar is. Hy verstaan my toe verkeerd en gaan haal die ander skape wat bo in die hoenderkamp loop.

Ek verduidelik:” Dis nie hulle nie dis die ouens buite die kamp wat moet inkom.”

 Met die terugkom beduie ek hom hy kan aan die buitekant van die kamp afloop na sy bakkie. Nee, moenie glo nie.

 “Ek klim sommer oor die elektriese heining.” 

Ha ha, hy toets ‘n paal wat naby die hek staan(sien foto) maar sien hy sal dit nie kan klim om oor te kom nie. Hy voel toe amper aan draad maar besluit hy sal liewers veilig wees en verder aan oor die draad klim.

 Ek geniet dit dat hy maak asof dit niks is nie. Haha. Hy het nog weer terug na byekorwe gegaan omdat hy die suikerwater vir bye vergeet het. Die man het ‘n  oulike wit French bulldog in die bakkie gehad.

Ek het Donderdag die hele dag gesit en my hoofstuk 5 vir die Rebusfontein se Eden biblioteek geskryf (denkbeeldige skrywes deur verskillende bloggers.) Dit het baie dinkwerk en opleeswerk gekos om al die karakters uit te ken, te sorteer en ‘n lyn uit te gooi vir die volgende persoon. Ek het fotos van Leanna se tiara en juwelekissie asook die handspieël geneem. Dit het mooi ingeskakel by my storie.

Verder het alles rustig verloop. Ek is net na 9 bedtoe.


6 Comments Add yours

  1. Kameel sê:

    Jy het omtrent drama met die skape gehad. Laat my nou aan die kinderstories oor “Shawn (spelling) the sheep” dink. Ek is gaande oor die storietjies en alles wat die skape aanvang.

    Like

    1. Ja jong, ek het self al die skaap stories neergeskryf en by amper vier folios geeindig. Dit was n heel ander avontuur dan om kinders bymekaar te hou.

      Liked by 1 person

  2. Toortsie sê:

    Ek is ver agter met blogs lees. Het baie besige tyd agter die rug.

    Like

    1. Simpatie met jou. Ek voel saam met jou oor die nie lees nie.

      Liked by 1 person

  3. Ek geniet jou skaapstories. Ag, en die arme Trompie – wat ‘n skok (pun intended) vir die arme brakkie.

    Like

    1. Die klomp skape het my elke dag geinspireer om te skryf omdat daar telkens iets gebeur het wat dit beskrywenswaardig gemaak het.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.