Maandag = Wasdag: Noodplan

Image result for wash day cartoon

My laaste kwartaal vir 2019 het aangebreek en die week het met spoed verby gevlieg.

Indien jy voel om bietjie in Afrikaans te gesels nooi ek jou uit om hier saam met my te kuier. Maandag = Wasdag gaan oor Afrikaans as taal. Dis belangrik om Afrikaans lewendig te hou. As jy geskryf het kan jy beslis jou skakel in my kommentaar plak sodat ander lesers ook jou skrywe kan lees en geniet.

Dankie aan die volgende ouens wat lekker oor gesondheid geskryf het:

Kameel : https://kameel179438031.wordpress.com/2019/10/14/kameel-gesondheid/

Toortsie: https://toortsie.com/2019/10/15/wasdag-nr-13-uitdaging-gesondheid/

Lekker vurig affêre; https://lekkervurigeaffere.blog/2019/10/15/die-klip-rots-en-ek-oor-avonture-en-gesondheid/

Dis Ekke: https://www.hesterleynel.co.za/2019/10/15/gesondheid-die-een-se-dood-is-die-ander-se-brood/

Hier gaan ons dan met die week se Wasdag. Kom geniet dit saam met my

Sleutewoorde: noodplan, voorsorg, gevaar , brand/vloed/tsunami/aardbewing/rotsstorting/ongeluk


Noodplan

Na vele jare van skoolhou, het ek heelwat kennis opgedoen om nie net kinders nie maar ook volwassenes veilig te hou. Gedurende die jare het die noodplanne aangepas by omstandighede.

Terwyl ek self op skool was het ek nooit agtergekom dat daar geoefen word om ‘n gebou te ontruim of hoe om op te tree as daar ‘n ongeluk is nie. My begin jare van skoolhou het ons ook nie eintlik aandag daaraan gegee nie. Kinders het nog geluister as die onderwyser sê:

” In ‘n ry en uit by die deur.”

Vandag, met die idee dat ‘n onderwyser nie regtig meer daar is om kinders te kalmeer en tot orde te bring nie, gaan dit nogal moeilik as daar geoefen word om ‘n plek te ontruim. Daar is natuurlik verskillende maniere om die nood aan te spreek. Dit hang ook af van die graad van die nood. 

Om terug te kom op die kinders: in die skool het ons regtig ernstig die noodplan geoefen omdat ons daardie tyd (einde 70 begin 80tiger jare) besef het dat daar regtig gevaar kan wees. Daardie jare het die dorpsraad/stadsraad ook torings met luidsprekers opgerig om mense te waarsku van enige gevaar. Ons het juis langs so ‘n toring gebly in Secunda. Dit was nogal angswekkend as die sirene afgaan en dan as daar gepraat word om aan te dui wat aangaan as die gevaar groot is. Dit was veral omdat Sasol II en III se fabrieke daar was en dit ‘n  gereelde en goeie teiken was vir sabotasie. My man het eers by Sasol II en later by Sasol III gewerk. Hy was ‘n paar keer binne vasgekeer met aanvalle.

Noudat ek in a “vreemde”land bly is daar ander noodplanne wat hier werk. 

Ek skryf hierdie omdat 17/10/2019 ‘n landswye oefening was om ‘n aardbewing te oorleef. Daar is so paar jaar terug ook ‘n alarm/sirene sisteem opgerig om veral te waarsku as daar ‘n moontlike tsunami gevaar is.

Die skool se onderwysers is ingelig en het die dag tevore reggemaak vir die oefening. Dis veral belangrik vir die heel kleintjies om te weet wat hul moet doen omdat hul maklik paniekerig kan raak.

Ek was nie 12:30 nm by die skool nie maar het oor die radio geluister hoe die omroeper die bewegings deurgee. Alles het blykbaar goed verloop by die skool asook in die land as geheel

Hier is n opsomming van die skool se noodplan in die geval van ‘n aardbewing:

Daar sal geen klok/alarm lui nie want daar sal beweging gevoel word.

In die klaskamer, skoolsaal, biblioteek en ons naskool/voorskool kamer die volgende:

*  weg van vensters en maak ‘n skilpad vorm met jou lyf. “DROP, COVER, HOLD” Beskerm die nek en kop  met arms. Bly so tot skudding stop en onderwyser/volwassene sê dat dit veilig is om op te staan. Onderwyser trek ‘n gekleurde “glow vest” aan.

* As onderwyser sê als is veilig trek skoene aan as jy kan(hul trek skoene uit as hul klas ingaan)

* Volg prosedures soos vir brand ontruiming – versamel in binnehof of rugbyveld en kontroleer name.

As kinders in die swembad is:

* Sê kinders aan om uit te klim aan die aantrekkamers se kant weg van vensters.

* Daarna dieselfde as klaskamer bewegings.

In die geval as die Twin Lakes oorstroom of breek beweeg ons op in die bos, die bult uit.

Dit dan wat ons hier doen by die skool.

By die huis doen mens dieselfde, beweeg weg van vensters, vorm ‘n skilpad, as skudding ophou of verminder het gaan uit en beweeg weg van gebou en bome wat kan inval of omval.

Met tsunami moet almal weg van kus beweeg en hoër op beweeg teen bulte en rante uit. 

Gelukkig bly ek meer in die binneland as mens dit so kan noem. ‘n Tsunami sal nie sommer tot hier kom nie. Dis net die rivier wat my kan afsny as die brug breek of oorspoel word. Die Huttrivier het 1994 sy walle oorstroom en ook sy vloedvlakte. Daar is toe stu-walle gebou om te keer dat dit weer gebeur.

https://teara.govt.nz/en/photograph/13464/hutt-river-in-flood

Die stadsraad het die rivier se vloedvlakte nou baie wyer gemaak. Hul skraap dit ook telkens weer oop na hewige reën.

2017 was daar ‘n vinnige reënbui wat vloed veroorsaak het.

https://www.stuff.co.nz/dominion-post/news/88797160/upper-hutt-flash-flood-delivered-up-to-20-millimetres-of-rain-in-minutes-in-some-areas

Ons word ook gereeld aangemoedig om ons noodvoorraad gereeld te kontroleer of die datums nog nie verval het nie. Daar is sekere artikels en blikkieskos wat in die noodhouer moet wees. Daar moet genoeg vars water wees om drie dae te hou. Die beste is om ook ‘n nood klerehouer te hê. Die noodhouer moet liefs buite die huis wees waar jy bly bv in die garage of ‘n buite huisie. Alles gaan oor oorlewing in die geval van nood. Die elektrisiteit verskaffer stuur eenkeer per jaar verskillende artikels vir gebruik in nood. Ons het een jaar’n radiotjie gekry wat met sonbatterye werk, elke jaar ‘n tipe van flitslig wat ook met sonbatterye werk of geskud word om krag te kry.

Die radio en TV het gereeld advertensies om almal te herinner aan wat om te doen en gereed te wees.

Oorlewing is die belangrikste in die geval van ‘n ramp.


11 Comments Add yours

  1. Kameel sê:

    Ai toggie, hier klou ons aan ons handsakke vas…. en daar by julle is weer ander gevaar.

    Like

    1. Toemaar hier moet jy ook maar jou handsak vashou.

      Liked by 1 person

  2. Dis nou interessant Sus. Hehehehe hier weerhou die kragverskaffer eerder krag as wat ons iets as geskenk kry.

    Like

    1. Dankie, daar is nie geld om te koop want jul gebruik geen krag so daars nie gebruik nie haha.

      Liked by 1 person

  3. Dis baie interessant, Scrapy. Dit laat my dink aan die jare toe ek op die heel boonste vloer van ‘n toringgebou gewerk het. Ons het elke nou en dan ‘n “firedrill” gehad en moes dan 23 vloere se trappe afklim. Sonder hoëhakskoene asseblief. Ons het dit gehaat.

    Like

    1. Hier doen hul ook gereeld “firedril”, dis nie speletjies om so van hoë verdiepings af te moet gaan nie.

      Liked by 1 person

      1. Nee. O, en hoe het ek daardie sirenes gehaat! Regdeur die gebou vir minute aaneen en jy kan nêrens van daardie klank ontsnap nie.

        Like

        1. Ek raak nou nog heel angstig as daar n alarm of sirene afgaan.

          Liked by 1 person

  4. Toortsie sê:

    Sjoe, julle is regtig paraat.

    Like

    1. Moet se hul is op en top. Almal doen wat hul kan om te voorsien ingeval daar nood is.

      Liked by 1 person

  5. Toortsie sê:

    Ek wou nog hieroor skryf, nou is die week al weer om. 😁

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.