Nabetragting van 2019 se NaNoWriMo.

National Novel Writing Month

Nabetragting 25/11/2019

Verlede jaar het ek die eerste keer deelgeneem aan NaNoWriMo(2018). Ek het in die begin van 2018 my eerste boekie gepubliseer wat oor die eerste ses jaar van my lewe is. My November skrywe was toe die onthou van my lewe van my eerste skooldag tot die einde van my studie as onderwyser in 1967. Dit het met tye sukkel, sukkel gegaan om my 1600 woorde te skryf omdat ek meer per jaar probeer onthou het en dan geskryf het.

Hierdie jaar se NaNoWriMo het beter gewerk. Ek het ten minste 23 onderwerpe of tydperke neergeskryf waaronder ek ekstra hofies geplaas het. 

Alles het oor my lewe gegaan vandat ek klaar gestudeer het en begin skoolhou het in 1968. 

Sekere dele het veel plesier verskaf. Party tydperke kon ek net nie genoeg van kry nie en het maklik ‘n 2 000 woorde per dag kon skryf.

 Dan was daar die meer dieper en hartseer dele wat my diep laat dink het. Hierdie terugdink het my meer insig gegee in omstandighede waarin ek met tye was. Ek het ook agtergekom dat ek sekere dele gladnie onthou nie. Dit wys ook maar hoe die menslike brein dinge blokkeer. 

Na my 50 000 gaan ek nog verder skryf want my onderwerpe is nog nie almal gebruik nie. Ek is ook van plan om my susters te pols oor sekere dele waar ek nie duidelikheid oor het nie. Dit is alles deel van die skryf van Memoirs.

Volgende jaar gaan ek beslis weer skryf as alles goed gaan. Ek gaan dan oor my lewe hier in New Zealand skryf wat dan reeds oor elf jaar gaan strek.

Congratulations, winner!

14 Comments Add yours

  1. Whoohoo, Scrapy. Wat ‘n besondere prestasie! Ek dink dit is ‘n wonderlike nalatenskap waaraan jy werk en weef. Knap gedaan!

    Like

    1. Dankie Vliegie! Daar is nog harde werk wat voorle maar ek sien uit daarna. Daar kom ook telkens nog ekstra wat ek al vergeet het. Hoop joune is ook goed oppad.

      Like

  2. Wonderlik om te lees! Dankbaar dat mens kan vergeet en aangaan

    Like

    1. Dankie, ja so beskerm mens se liggaam jou automaties teen trauma.

      Liked by 1 person

    1. Dankie, eks bly ek het dit gedoen.

      Like

  3. Kameel sê:

    Welgedaan Scrapy. Kan dink dat so ‘n leegskryf oor jouself goed is vir jou binneste. Wens partykeer ek kan al die gebeure, al die pyn en trane neerskryf en so ontslae raak van die dinge binne my. Lekker slaap!!!

    Like

    1. Jy moet maar begin, Ek het op dinge
      afgekom wat ek gladnie aan gedink het toe ek in daardie omstandighede was nie. Mens breek jouself so maklik af sonder om te besef hoe dit jou regtig beinvloed nie. Ons sit hier op die ooblik met Australie se brande se rook wat ons lug besoedel. My bors is benoud en ek moet my asmapompie gebruik wat ek jare laas regtig nodig gehad het. Die wêreld is darem maar orals deurmekaar. Bly jul het darem bietjie reën gehad. Geniet jou nuwe dag- ek gaan amper slaap.

      Liked by 1 person

    1. Baie dankie,het toe die dertig dae klaar geskryf.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.