Aandagafleibare kind. Eie ondervinding


Na aanleiding van Toortsie se inskrywing oor ADHD , voel ek om te vertel oor die ondervinding wat ek hierdie week opgedoen het met ‘n seuntjie, wat ek J noem.

Vooraf inligting:

Hierdie kind is ‘n riller. As ‘n mens nie ‘n bietjie van omstandighede weet nie kan ‘n mens glo dat hy regtig die kluts kwyt raak met tye. 

Hier word kinders die dag as hul vyf jaar word, ingeskryf in die beginnersklas. Maak nie saak watter maand nie. Hul begin hul skoolloopbaan die dag as hul verjaar. Maak nie saak of ander kinders al ‘n hele jaar in klas is nie en of hy of sy aan einde van jaar inskryf nie. 

J het ‘n ouer boetie, M, wat hierdie jaar in jaar ses is en gaan volgende jaar middel skool toe. Ek loop al drie jaar ‘n pad saam met die kind vir. Ek hoor en kyk maar hoe die ondrwysers en ouers hom hanteer. Hy was ook erg aandagafleibaar en sal soos ‘n dier in ‘n hok op en af loop, en net nie tot rus kom nie. Dis ook moeilik om hom te bereik omdat mens net nie sy aandag kan aflei nie. Hy is hierdie jaar al baie kalmer en meer gefokus omdat hy medikasie gebruik en die onderwysers weet hoe om hom te bereik. In naskool en voorskool is hy steeds veeleisend omdat hy op sy boetie, oor wie ek eintlik wil praat, fokus. Daar is ook ‘n sussie, L, jonger as hy en dan die jongste boetie J.

Die twee oudste kinders het altyd die naskool bygewoon. Vandat J begin skoolgaan het, het ek hul ook soggens gehad. Soggens is dit net ek, op my eie, met die kinders(met tye selfs 16 of 17 kinders). Hierdie jaar het J gereeld net oorgeneem met sy aktiewe bewegings wat met tye gevaarlik is. Ek ken hom ook al voordat hy begin skoolgaan het. Hy het net nie geluister as sy ma sê hul moet huistoe gaan nie. Sy moes hom telkens van die klimapparate afdra. Al skoppende, slanende en skreuende elke middag. Die omstandighede het die ouer boetie erg ontstel. Hy was dan soos ‘n grommende leeu, net lus om weg te breek wat hy dan ook gereeld gedoen het.

Dit ter inleiding.

Woensdag oggend, 11 Desember 2019, kom die drietal al armswaaiende en raserig in. J kom ‘n hele ent stadig agterna. Ek kon sien hy was in ‘n innerlike wroeging. M vra of hy en J maar op PS4 kan speel. Ek het hul laat begin. J was egter al stryende besig om M teen te gaan. 

“J, ek gaan jou wegvat en iemand anders laat speel.”

L die sussie sê: “Onthou wat Ma gister gesê het; dis M se laaste jaar hier, gee hom kans om te besluit vir oulaas.”

J hou op met teenstribbel. Hul speel ‘n goeie rukkie, toe begin J weer stry.

Ek haal hul weg van speletjie. M neem ‘n iPad en gaan sit op bank waar J uitgespreid lê. (eintlik moedswillig van M) J begin M trap en skop. 

Eers ignoreer ek dit, maar hoe later hoe kwater. Ek sê M aan om op ander bank te sit. Noudat M nie meer by J sit nie gaan haal J ‘n plastiese bofbalslaanstok uit en begin almal jaag. M besluit hy gaan J vang om stok by hom weg te vat. J laat hom nie vang nie. Hy hardloop eers buite rond en kom ingestorm. 

“J gee dit vir my.”sê ek 

“Ek sal nie.”

In tussentyd hol hy in klas rond. M vat die stok af en J hardloop en gryp ‘n ander raket wat ek onderskep en afvat. Ek wou hê hy moes in hoek gaan sit. Dit was laaste strooi. J kom op my afgestorm en soos hy altyd met sy ma maak, bespring hy my en gryp na my skouers. Ek keer hom af

“Hou op, J,” roep ek en M. 

Met die  duik hy onder my arms in en boks my teen my bors. Ek stoot hom weg van my af. Hy hardloop om my en stamp my van agter af.

“J, hoekom vat jy nie ‘n scooter en dan “time “ek jou,” sê ek.

Hy klim op scooter en ons gaan uit. Hy kan nie so goed ry nie en is toe meer geïnteresseerd in die tydhouer en bly dit draai.

Gelukkig was die tyd amper verby en ek het J aangesê om klas toe te gaan.

Ek was nogal ontsteld want wat moet ‘n mens doen in so ‘n geval as ‘n kind jou so te lyf gaan. Ek het dit aangemeld by die kantoor. 

Die hoof het ‘n brief aan ouers geskryf as eerste waarskuwing dat hy nie verder toegelaat kan word in voorskool sorg nie as dit weer gebeur nie. Die probleem is dat dit nie die eerste keer was wat hy dit gedoen het nie 

 Donderdagoggend, 12 Desember:

Die drie kinders kom weer in.

Hierdie keer is die drie weer opgewonde. J hol en spring woes rond. Ek wil hom laat stil sit om te kalmeer. Hierdie keer skop hy na my. Gelukkig net skrams. Ek gryp hom aan sy skouers en maak hom sit op ‘n lae tafeltjie met “beanbags” op. Hy skop weer na my maar ek druk hom agteroor op sy rug en praat kalm met hom:

“Jy is okay, kalmeer nou. Komaan, kalmeer en haal stadig asem.”

In die tussentyd het hy sy beentjies opgetrek, handjies in vuiste voor sy bors en kop na eenkant om my nie te sien nie. 

“Kyk vir my, J kyk vir my.”sê ek na n rukkie.

Eers wil hy nie.

Hy kyk na my. Ek kyk in sy oë en sien dat hy kalmeer toe hy sien ek is nie kwaad vir hom nie.

Ek laat hom regop sit toe hy heeltemaal kalm was. Ek het hom maar toegelaat om na sy klas te gaan want ek kan nie verder met hom iets doen nie.

Die namiddag hoor ek dat hy gedurende klastyd ‘n jong meisie wat vir waarneming in klas was geskop het dat sy begin huil het. 

Wel die hoof het toe sy brief gegee en die ouers het hul eerste waarskuwing van drie skriftelike waarskuwings weg.

Dis so hartseer om alles so te sien en te beleef. Ek weet hy het daardie innerlike stryd maar ek moet aan my eie veiligheid ook dink. Veral omdat ek op my eie in die oggend is, is dit moeilik om sy aandag af te trek. Wil dit reg wees, is ek daar om te sorg dat die kinders onder veilige omstandighede wag voor skool begin. Veral die jonger kinders is baie bang vir J as hy in so ‘n toestand is.

Gaan lees gerus wat Toortsie vertel oor ADHD https://toortsie.com/2019/12/12/afhandelmode/

10 Comments Add yours

  1. Ek is nie heeltemal seker dat hierdie ‘n geval van aandagafleibaarheid is nie. Dit voel soos gedragsprobleme. En dit is verskriklik, ek weet nie wat ek sou doen as kind my aanrand nie.

    Like

    1. Jong die gedragsafwyking is ook deel van die kind se lewe. Onthou hierdie was slegs n twintig minute uit sy totale 24 uur

      Liked by 1 person

      1. Arme julle wat daarmee moet saamleef.

        Liked by 1 person

  2. Toortsie sê:

    Dis vir my baie ontstellend. Is hy aandagafleibaar of is daar dalk uets anders? Ek gewaar frustrasie. Ek stemsaammet Christa, dit lyk na gedragsprobleme.

    Like

    1. Soos ek vir Christa se, daar is meer faktore wat die kind ontspoor. Hy het ook groot gedragsprobleme.

      Liked by 1 person

  3. Medikasie is dalk die antwoord. Sulke goed ontstel mens Sterkte

    Like

    1. Daar word eers as hy sewe is getoets en dop gehou en dan as hy 8 is kan daar dalk medikasie voorgeskryf word.

      Liked by 1 person

      1. Ai toggie en intussen word die skade al groter.

        Liked by 1 person

  4. Nee! Ek sal dit nie kan hanteer nie. Jy is ‘n brawe vrou.

    Like

    1. Dit ontstel my baie. Ek kan tog so gou depressief raak. Nou moet ek myself ook eers weer in n positiewe rigting stuur. Die aanmeld en uit my sisteem kry het baie gehelp.(Sal hom sommer vermorsel as ek die kans kry!)

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.