Oud leerders en nog wat…

Christa skryf oor leerders wat die juffrou nie ken nie as hul uit die skool is. Dit is waar in gevalle as die juffrou nie lank met hul gewerk het nie.

Ek het ‘n hele paar jare in plattelandse skole skool gehou. Almal het mekaar geken. Almal het ook geweet waar wie was en wat wie doen. Ek het verhuis na ‘n stad en toe weer terug na dieselfde dorp getrek op die einde. Daar was ek steeds: 

“Hi Juffrou…., hoe gaan dit?” 

Veral omdat ek vir ‘n tydperk in die biblioteek gewerk het het ek oud leerders ontmoet wat self al kinders het. Selfs eenkeer moes ek dr besoek en hy was toe ‘n kind waarvoor ek in std een skoolgehou het. Ek was vroëer by sy pa se praktyk en sy pa was gedeeltelik my dr ook. Klein wêreldjie. Toe ek instap het hy my SO gekyk, vrae gevra oor hoe ek voel en my weer SO gekyk en toe gaan daar n liggie by hom op:

“Juffrou…, nou toe nou!”

Children Sitting At School Desks In Class — Stock Vector ...

  Ons het lekker bietjie teruggedink aan daar die jaar toe hy by my was. Vyf-en-veertig klein seuntjies en dogtertjies in ‘n klas net groot genoeg vir hoogstens 20 leerders. Ek kon bv nie tussen banke loop en kyk, of help met ekstra werk nie. Ek kan ook onthou dat ek as ons goed gewerk het aan die einde van die dag ‘n storie vir hul gelees het. Liewe Heksie was baie gewild omdat juffrou al die stemme verskillend gelees het. Eendag het ek in die leestyd vir hul van Racheltjie de Beer gelees. Aan die einde het ek my so ingeleef dat ek die hele klas saam met my aan die huil gehad het. Daarna het hul gereeld gevra om weer Racheltjie de Beer se storie te hoor. Ek het egter dit nie weer gelees nie want dis te hartseer.

Eintlik wil ek oor kinders skryf wat mens nog onthou terwyl hul al groot is. Ek het op ‘n stadium ‘n swart seun wat op sy eie gebly het gehelp terwyl ek in bib was. Elke dag het hy vir ‘n ekstra les gekom. Hy het op die ou einde sy matriek met vlieënde vaandels geslaag. Hy het nog vir jare vir my boodskappe gestuur en my ook op my verjaarsdag gebel om my geluk te wens. 

Nou wil ek eers terug gaan na my Secunda tydperk. Ek is in 1980 getroud en sou nie weer skoolhou nie. Wishful thinking. Na drie maande by die huis het ek my naam by die naaste laerskool opgegee. Dit was ‘n nuwe skool en omdat ek Engels tweede taal gee het die hoof my dadelik aangestel. Ek het die vier jaar wat ek daar skool gehou het my voete in die onderwys gevind. Die hoof was so oud soos ek en ons was geesgenote. Ons het saam die skool opgebou.

Ek het steeds net tydelike aanstellings gekry omdat ek ‘n getroude vrou was. In die vierde jaar adverteer die hoof ‘n std een pos in die hoop dat ek sou aansoek doen sodat hy my permanent kon aanstel. Nou moet ek bysê, ek kan baie koppig wees as ek wil. Ek het besluit ek gaan nie aansoek doen nie want dan sit ek weer met std een waarvan ek nie hou nie(my vorige skoolhou ondervinding vir twaalf jaar het my die harnas ingejaag om vir die juniors skool te hou) Ek doen toe wel by al die ander skole aansoek vir Engelse poste. Beste van als is die ander laerskool en die hoërskool het my aansoek aan vaar sodat ek eintlik twee poste gehad het. Die Hoërskool het toe egter voorkeur gekry omdat daar ‘n tekort was. Die middag toe die aansoeke vier uur moet sluit laat die hoof my roep.

“Hoekom doen jy nie aansoek vir die std een pos nie?”kom die vraag.

“Omdat ek nie belangstel om weer vir juniorklasse skool te hou nie.”

“Maar jy weet dan dat dit maar net op papier is, die hoof kan jou in enige pos verder sit na die tyd. Dis hoe dit maar werk!” 

“Baie dankie, maar nee dankie.”

Die hoof het gladnie meer van my gehou nie. Hy was fies vir my tot die einde toe.

Nou eers weer ‘n skoolhou ondervinding.

By die laerskool het ek die een std vyf klas as registerklas gehad. My laaste jaar het ek die hoofseun en die onderhoof meisie in die klas gehad. My klas en die ander klas was gedurig in kompetisie met mekaar. My klas het meestal net ‘n trappie beter as die ander klas gedoen. 

Toe gaan ek Hoërskool toe, en die klomp std vyfs gaan saam met my. Daar was daardie tyd twee laerskole en ons weet almal daar word altyd op mekaar neergesien met wat ook al. Nou was hul lekker gemeng en moes by mekaar aanpas. Ek moes altyd in my pasoppens wees as daar gepraat word want baie kere wou my”kinders”my gedagtes en gevoelentheid oor dinge weet. Ek kon nooit te veel oorhel na my “kinders”nie want dan hoor ek dit dat ek hul ondersteun of wat dan ook al. 

Ewentewel, ek het die kinders van std drie al al in laerskool gehad en toe nog van std ses tot agt ook. Wat vir my baie lekker was dat toe hierdie std vyf klas se kinders in matriek kom word “my” onderhoof meisie die hoofmeisie en die std vyf hoofmeisie word onderhoof meisie. Die std vyf onderhoof seun word hoofseun en ou hoofmeisie word onderhoofmeisie.

Daardie jaar was ek werklik so trots op die kinders wat so presteer het. Veral die hoofmeisie was n liewe kind. Sy was stil en op haar plek maar as sy haar mond oopgemaak het, het almal geluister en gevolg, selfde met seun. Hy was meer uitgesproke, groot sportman en ‘n hoog intelligente leerder wat baie bereik het.

Die hoofdogter het tot op die einde nog persoonlik met my kontak bly hou. Sy het goed op Universiteit presteer en as mediese dokter gekwalifiseer.

Hierteenoor het ek ook vir n klomp jare die std agt klas waarin druipelinge oorgestaan het gekry as my registerklas. Meestal oorwegend seuns. Hul was bombasties, opstandig en min gepla met skoolwerk. Ek was baie lief vir die kinders. Ek het hul ook van std ses tot agt gehad. As hul in std agt gekom het het ons mekaar mooi verstaan. Ons het altyd begin om eers ‘n bietjie oefeninge te doen voordat ons met werk begin het. Daar was ‘n tweeling seuns in die klas. Hul was uit ‘n gesin met tien kinders. Oudste broer en dan hulle twee en daar was nog tweelinge. Mooi opgevoed en tog baie hard grootgemaak. Daar was ook ‘n outjie wat polisieman wou word omdat sy pa ‘n polisieman was. Een seun het dagga gerook. Hy sal bv op sy tafel kruisbeen gaan sit en die klas bekyk. Help niks om met hom te praat nie. Hy het bv ook twee verskillende kleur oë gehad. Een oog half deursigtig blougroen terwyl die ander een ‘n meer bruin oog was. Die ergste was dat hy ‘n blou swam op sy onderlip gehad het van al die”glaspyp”rokery. 

Weer terug na die tweeling seuns. Hul was altyd in kompetisie met mekaar. Albei was egter maar swak gewees in hul werk. Hul het altyd hul punte vergelyk en dan vir my gevra hoekom die een dan meer of minder kry. Die twee het op die einde matriek geslaag en is uit die skool. ‘n Paar jaar na hul matriek sien ek die een met ‘n stootwaentjie en baba daarin en ‘n vroutjie aan sy arm. Hy was so trots op sy baba en vrou. Hy vertel toe ook dat hy sopas uit die tronk gekom het omdat hy gewelddadig was.

Children School Stock Illustrations – 141,706 Children School ...

Hy is so spyt dat hy dit gedoen het en wil nou alles vir sy vrou en kind gee. 

Ai, dit het my hart gebreek dat dit so ver moes gaan maar tog was ek trots daarop dat hy daarbo uit wou styg.

Ek het ook die laaste paar jaar gevind dat as ek in die dorp van my klas se kindertjies teë gekom het hul altyd: “Good day, Madam” sal sê as ouers by hul is. Die ouers was ook almal baie dankbaar vir dit wat ek vir hul kinders gedoen het.

Dit dan so ‘n bietjie skooltyd tussen die jare 1980-2009.

8 Comments Add yours

  1. Oe jitte, oulik. Ek sal net daar weer wil loop, gits, dit is seker vreemd as jy ‘n kwaal met ‘n leerder moet bespreek.

    Like

    1. Daardie tys het jy dit aangeteken en die persoon in beheer van die klas moet die saak met hoof bespreek wat dan met die kind sal praat en waarsku dat hy/sy moet verbeter. Hul word ook geskors as dit was. Die ou wat ek van gepraat het het vir rehabilitasie gegaan maar dit het nie gehelp en hy is na inrigting(verbeteringsskool) vir sulke gevalle gestuur om verder skool te gaan. Het ook twee meisies gehad wat die pad beister geraak het. Baie tragies.

      Liked by 1 person

      1. Ek gaan weer moet lees. By my was die artikel een paragraaf lank.

        Like

      2. Ai Scrapy, ek stem saam. En dan wil mens se hart weet, hoe laat ouers toe dat hulle kinders die pad byster raak?

        Like

        1. Ek was baie lief vir die kinders want ek het ook geweet dat hul grootword in brutale omstandighede. Ek het na my man se dood ook eers besef hoe erg dit is om in sulke omstandighede van spanning te leef en te oorleef.

          Liked by 1 person

          1. Siestog, Scrapy, mens weet nie waardeur mens se medemens gaan nie.

            Liked by 1 person

  2. Beny altyd die onderwysers wat so baie vir soveel kon beteken. En dan besef ek ook watter harde, harde werk dit was!

    Like

    1. Dis beslis geestelik met tye baie uitputtend omdat mens met so veel verskillende persoonlikhede te doen kry. Daar word altyd gesê ons kry so baie vakansie, maar na 10 weke van intense skoolhou het n mens tyd nodig om weer af te wen ook. Dankie vir jou mooi woorde ek waardeer dit baie.

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.