Maandag=Wasdag 28: Avontuur, ondervinding, Vertelling.

Maandag is weer hier. Dankie aan die volgende ouens wat saam gesels het verlede week:

Appeltjie

https://appeltjie.wordpress.com/2020/09/14/maandag-waskamer-27-kamer/

Kameel

https://kameel179438031.wordpress.com/2020/09/15/kameel-kamers/

Lekkervurig

Hier gaan ons dan. Almal wat Afrikaans is kan saam skryf. Gee asseblief vir my ‘n skakel of pieng-terug in my kommentaar sodat ek erkenning kan gee aan jou skrywe en ook dit aan ander bekend kan stel.

Lekker skryf en geniet dit.

Avontuur

Dis weer sulke tyd. My lewe bestaan uit baie avonture. Elkeen het sy eie plekkie in my hart en in my griffels wat ek so gereeld neerpen.

Ongelooflik hoe die tyd vlieg. Ek het so ‘n bietjie my Wasdag stukke gesorteer en gekyk waaroor ek al geskryf het. Was my verbasing nou groot toe ek sien  dat daar baie avonture beskryf word. Meeste het natuurlik met diere en my huisoppas sessies te doen. 

Ek gaan so waar as wraggies weer in die Akatarawa vallei plaas oppas.

https://en.wikipedia.org/wiki/Akatarawa_Valley

Dis die hospitaalgebou se dak op agtergrond.

 Dit word ‘n vallei genoem maar die plaas lê hoog op heuwels en kyk uit oor n deel van die vallei. 

Dis dieselfde vakansietyd wat ek verlede jaar daar opgepas het. Al die avonture met die weer en die skape wat so weggeloop het.

Skoolvakansie begin 23 Sept en eindig 4 Oktober. 

Eers sou ek die tweede week van vakansie daar wees vir so ‘n week en ‘n half. Ongelukkig het die COVID 19 planne in die wiele gery en is die Veldfietswedrenne, by Duneden waarheen die familie sou gaan, afgestel. Die laaste naweek is daar ‘n troue waarheen die mense wil gaan wat nog nie afgestel is nie. Ons hou nog duime vas dat ons teen daardie tyd in Fase 1 kan wees sodat daar meer mense teenwoordig kan wees. 

Nietemin, my vriendin kon toe die veldfiets storie naby Kapiti doen. Sy het toe die eerste vier dae van vakansie plek bespreek en ek gaan dan huis oppas. Dis nou 23-27 Sept. Ongelukkig is daar n breek van n week tussenin die twee geleenthede waar ek huistoe kom en dan ‘n week later weer vir laaste naweek se drie nagte terug gaan vir die oppas.

Alles is toe gereël vir eerste vakansie week.

Verlede Sondag gaan kuier ek om te kyk wat ek alles moet doen want raai wat? 

Daar is nuwe avonture wat op my wag vir die dae. My vriendin vertel toe dat die fiets oefen tydperk ook gekanselleer is. Hul het toe besluit om maar net te gaan om bietjie uit te kom na al die opsluit tyd.

Pluspunte van die oppas avontuur, die twee hasies lewe nie meer nie en die skape se kamp is blykbaar skaap-dig gemaak en ek hoef nie na hul te kyk nie. Een van drie katte het weggeloop, wat ook gaan help.

Nou vir die nuwe avontuur deel.

Daar is ‘n jong hond van om en by ‘n jaar oud. Sy naam is Diëgo en hy is ‘n skaaphond.  Goed, dit kan darem nie ter erg gaan nie. Ek kan Trompie altyd maar in die huis toemaak as dit te wild gaan met die twee. Jong honde kan maar rof wees en Trompie is nie meer vandag se kind nie(ek natuurlik ook nie!)

Dan, beste van alles, is daar ‘n hans boklam.

 Die outjie is darem, kan mens sê, gespeen. Sy is regtig hans en hol saam met Diëgo en ons rond. Sy moet geleer word om aan ‘n ketting te wei(wat nog nie gedoen is nie). Ek moet haar in ‘n binnehof van die ou hospitaal opsluit vir die dag om daar te wei. 

Sy het ewe gemoedelik saam met ons van die hoenderhok waar sy snags slaap, gehardloop; by die deur van gebou in en weer uit by ander deur na binnehof. Eers steek sy half vas om te wil omdraai maar sy is vinnig by deur ingedruk. 

Nou moet jul besef, ek kannie Trompie saamvat na die hoenderhok om lam uit te haal en hoenders te laat uitkom nie. Hy sal hoenders wild en wakker jaag en vang. Sal mr T maar binne los as ek die uitlaat doen. 

Dit gaan weer ‘n hele gedoente afgee. Al wat ek hoop is dat die weer hierdie keer saamspeel sodat ek nie in die reën hoef te ploeter soos verlede jaar nie.

Ek sal seker fotos neem om alles te kan wys na die tyd.

31 Comments Add yours

    1. Baie lekker maar uitputtend as mens nie fiks is nie. Hoenderhok is n hele opdraende weg van huis af.

      Liked by 1 person

      1. Darem afdraende terug, ek sien dit as makliker as opgaan.

        Like

        1. Ek hou nie van afdraande nie dit werk te hard op my rug!

          Liked by 1 person

          1. My man ook – dit werk op sy knie. Hy sē op is baie makliker.

            Liked by 1 person

  1. Oe, ek onthou jou teen besoek verlede jaar. Kan nie wag dat jy die lamer en Diego kom voorstel nie.

    Like

    1. Ja-nee, dit was maar n rowwe tydjie gewees. Hoop regtig die weer is okay dat ek nie weer gaan nat word en saans verkluim nie. Onthou daar is ook nie TV nie. Aande kan maar lank wees.

      Like

      1. Jy gaan skilder en skryf en kreër en lees en rus want jy mag en kan.💝💐🤗

        Like

        1. Het kildergoed al reggesit asook my leesstof. Lees op oomblik Die wit Boeman wat vir my baie interessant is. Hou van Suidwes jagtersstories.

          Like

        2. Mag ek vra wat is kreër? Jy mag my maar uittrap as dit onlangs in ‘n griffel verskyn het wat ek nie gelees het nie. Of indien dit ‘n spelfout is en ek behoort dit te kan uitwerk met my besondere intelligensie (ek het immers ‘n IK van minstens 50…)

          Liked by 1 person

          1. Ag genade, ou vingers en qwerty sleutels. Kreeër. Van wanneer af is jy so intelligensie beskeie….skerp, skeppende, kreatiewe Abrie?

            Liked by 1 person

            1. Wanneer ek hom ontmoet sal ek hom inlig oor jou inspirerende woorde. Ondertussen laat kreër en kreeër my ewe veel in die duister. Donker soos kreosoot

              Like

                1. Haha, nou vertel jy eers! O toggie, dit het ek nou op so n Maandagoggend geniet om te lees.

                  Like

              1. O genade tog. Dis nou n gedoente wat beslis opgelos moet word. Abrie jy is mos n ondersoekbeampte van weleer. Lig my ook in as jy weet asb.

                Like

          2. Haha Abrie jy en Vliegie het my nou laat kopkrap oor waar die woord gebruik is? Jou IK is nog okay maar jou tikvinger is nie al so uitgewerk soos ons meer gesoute skrywers nie. (Wou eintlik bejaardes sê maar dan gaan sommige mense my stenig. Ek hou daarvan om oud te wees so dit pla my nie.

            Like

  2. Kameel sê:

    Klink of jy weer tonne “pret” gaan hê!!! Vertrou alles gaan vir jou mooi afloop Scrapy.

    Like

    1. Dankie jong, ek gaan probeer om my te gedra terwyl die diere my ore wil aansit. Klaar al moeg as ek net daaraan dink.

      Liked by 1 person

  3. Dit klink asof jy alreeds baie opgewonde is oor die vooruitsigte om ‘n bietjie weg te kom van die huis af. Ek hoop jy geniet dit gate uit.

    Like

    1. Beslis heel opgewonde maar sommer klaar uitasem van al die doenigheid met n hanslam en jong hond! Dis egter n lekker wegkom van alles af. Sien niemand, hoor niemand, geen radio, TV. Daar is darem internet as ek regtig wil skryf .

      Liked by 1 person

  4. Adrie Trichardt sê:

    Geniet tanna se avontuur

    Virus-free. http://www.avg.com

    On Sun, Sep 20, 2020 at 7:58 AM Kreukels en plooie wrote:

    > scrapydo2.wordpress.com posted: ” Maandag is weer hier. Dankie aan die > volgende ouens wat saam gesels het verlede week: Appeltjie > https://appeltjie.wordpress.com/2020/09/14/maandag-waskamer-27-kamer/ > Kameel https://kameel179438031.wordpress.com/2020/09/15/kameel-kamers/ > Le” >

    Like

    1. Dankie, Ons is op oomblik steeds in level 2 maar moontlik na vandag in na 1 toe. Dit pla my gelukkig nie.

      Like

  5. ‘n Avontuur in wording!! Dis hom jy moet avonture verwag en dan gaan dit dit kry 🙂

    Like

    1. Never a dull moment in my lewe nie. Dis of ek dinge aantrek. Dit kom sommer so by my verby gevlieg, geloop of gery!

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.