Al die veld is vrolik

Dit was’ n stormagtige paar dae gewees hier in NZ. Die winter wil maar nie regtig deurbreek nie. Tussen die bewolkte dae was daar heerlike warm dae gewees. Dit het gemaak dat ek die volgende liedjie gesing het(in my gedagtes) terwyl ek en Trompie geloop het. Lekker luister!

Maandag=Wasdag: No 5

Nog ‘n Maandag het aangebreek. Dit is reënerig en die wasgoed kom nie maklik droog nie. Ons het winterreën, so ek moenie kla nie. Meeste mense het darem ‘n tuimeldroër(wat ek nie het nie.)My goedjies word maar binne in die sitkamer op ‘n droograkkie gehang. Gelukkig maak die weer nie saak nie. Mens kan lekker…

Maandag=Wasdag: 4 Liewe plastiek

(My skootrekenaar neem eeue om oop te maak. Amper het ek moed opgegee.) Maandag se Wasdag lê weer voor die deur. Ek gee vyf woorde waarvan jy een kan kies of almal of geen een nie. Alles gaan net oor lekker skryf in Afrikaans. Kom geniet dit saam met my. As jy geskryf het voeg…

Maandag = Wasdag : 3 Vervelig

Maandag is hier en dis tyd vir nog ‘n skryfseltjie om uit te hang. Ek gee vyf woorde waarvan jy een, twee of almal kan kies om iets oor te skryf. As jy geen gevoel vir een van die woorde kry nie kan jy sommer net ‘n ietsie skryf net vir ontspanning. Die lengte of…

Skrywersblok

Skryf dit neer “Begin skryf, maak nie saak wat of waar nie. “Die water vloei nie voordat die kraan nie oopgedraai word nie.” – Louis L’Amour Dis frustrerend maar waar: die enigste manier om deur skrywersblok te breek is eenvoudig om te begin skryf. Gelukkig is daar darem maniere om te help om jou by…

Maandag = Wasdag 2: Plaas

‘n Week is verby en dis weer tyd vir ophang en uithang hier op Maandag = Wasdag. Almal is welkom om te skryf waaroor hul wil. Jy mag een, of meer van die woorde gebruik. As jy voel daar is nie een wat jou n bietjie prikkel nie mag jy selfs iets skryf waarvoor jy…

Maandag = Wasdag: Eerste

Uitdaging 1 Welkom aan almal wat hul wasgoedjies gewas het. Nou kan jy dit hier kom ophang om droog te word of om ‘n bietjie lug te gee. Almal  wat Afrikaans skryf is welkom om deel te neem en te kuier. Skryf en dan plak jou skakel asb in by kommentaar sodat ander skrywers/lesers ook…

Uitdaging: Maandag = Wasdag

Ditjies en datjies en wie weet nog watjies… Uitdaging aan elkeen wat Afrikaans wil skryf. Almal weet dat Maandag, in die ou dae, wasdag was. Dalk, in baie huise, nog steeds. Maandag kan nog meer dinge beteken. . Begin van die week . Blou Maandag . Maandag begin ‘n nuwe werk . Maandag begin die…

Om ‘n Boek te skryf: Sessie 10 – einde

Hoekom skryf jy die boek? Die mite bestaan dat ‘n skrywer se boek sommer uit die lug val. Ook is ons geneig om te dink dat jy as skrywer gebore word. Sodra daar gewerk moet word om ‘n sukses te maak van die skryf van ‘n boek word daar besluit dat alles van buite die…

Om ‘n boek te skryf: Sessie 9

Waar eindig jou boek? Hoe die boek eindig gaan help om die verloop van jou boek te beheer. Onthou die einde kan ook met verloop van jou skrywery verander. Dit gee egter momentum aan jou skrywe om te weet waar als gaan/kan eindig. Daar is iets om op te konsentreer terwyl jy skryf. Aksie stap:…