Liewe Heksie

Wie onthou vir Liewe Heksie? Ek het vir my Liewe Heksie se Omnibus gekoop. Nou lees ek saans voor ek gaan slaap vir Trompie n Heksie storie. Dit kalmeer my totaal en al en laat my lekker slaap.

Boetie sy’s ‘n Perskeblom

Boetie sy’s ‘n Perskblom was en is steeds vir my die lekkerste en mooiste liedjie om volkspele op te doen. In my derde jaar moes ons ‘n ekstra vak doen wat ons nog ‘n kwalifikasie gegee het. Ek het Volkspele gedoen. Die saal waarin ons dit gedoen het was ‘n gimnastieksaal met ‘n plank vloer…

Kom dans Klaradyn, S le Roux, Marais

In 1962 het die eerste uitvoering van Marais se operette Lida en die liedjieskrywer plaasgevind. Die werk, met sy ballet- en koor nommers, het ‘n gewilde skooloperette geword. S. le Roux Marais is een van die baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse kunslied. ‘n Hele aantal van sy toonsettings is reeds op plate opgeneem, met inbegrip…

Blomme Pieter Smit

Dis vrek koud in my geweste. Die suidewind het sy wange bol gemaak en ysige koue hier kom inblaas. Gister nag(Woensdag) het dit op die heuwels gesneeu. Vanoggend misreën dit toe ek met Trompie wou gaan loop. Ek beduie toe vir hom dat hy maar in die tuin sy ding moet doen. Ek het nie…

Al die veld is vrolik

Dit was’ n stormagtige paar dae gewees hier in NZ. Die winter wil maar nie regtig deurbreek nie. Tussen die bewolkte dae was daar heerlike warm dae gewees. Dit het gemaak dat ek die volgende liedjie gesing het(in my gedagtes) terwyl ek en Trompie geloop het. Lekker luister!