Maandag=Wasdag 29: Bou of maak iets.

Goeie dag op ‘n stormagtige Maandag hier in New Zealand. Wind tot 135 km p u, buie reën, donderweer en ook moontlik hael en sneeu. Dis amper einde September en nog is dit nie die einde van winterkoue nie. Kom ons kikker die dag ‘n bietjie op met ‘n paar vertellings. Bou of maak iets….

Avontuur op die plaas deel 5

Vrydag Dis bibber koud vanoggend. Die ryp lê spierwit op die gras dit lyk of dit gesneeu het. Trompie gaan uit vir eerste pieps en kom weer in.  Ek stort en trek aan . Eet my pap. In die tussentyd is daar geen skaap te sien nie. Trompie bly rusteloos. Ek laat hom agter uit…