Maandag=Wasdag 30: ‘n Boer maak ‘n plan

Dis ‘n heerlike Maandag hier by my. Die son skyn maar die windjie waai nog woes en is nogal koud ook. Tog is die lewe heerlik want die warmer weer is oppad.

Almal wat van Afrikaans hou en ook lief vir Afrikaans is is welkom om deel te neem en n stukkie te skryf solank dit in Afrikaans is. As jy wil kan jy asb jou skakel in die kommentaar onder aan my skryfsel plak of n pieng-terug stuur.

Alles gaan oor Afrikaans en ook om dit te geniet om ons taal te gebruik.

Die volgende persone het verlede week lekker saam gekuier. Baie dankie julle, ek waardeer dit baie.

Kameel bou n huishulp robot wat almal wil koop

Kameel – Bou

Appeltjie bou pophuis meubels en maak pop klere

Maandag = Wasdag #29: bou of maak iets

Tannie Frannie bou legkaarte

Maandag=Wasdag 29: Bou

Christa het nog oor skoene geskryf

‘n BOER maak ‘n PLAN

‘n Boer maak ‘n plan en dit is wat ek weereens moes doen toe ek op die plaas was om al die diere gelukkig te hou.

Hierdie ondervinding laat my sommer terug verlang na die 1960s toe ons op ‘n plotjie gebly het. Ek het net hoërskool begin toe ons ingetrek het. Daar was baie planne wat gemaak moes word om alles vlot te laat verloop. Gelukkig het ek die handigheid en planne maak by my pa geërf.

En het ek planne gemaak?

Baie, sonder die nodige regte gereedskap of regmaak materiaal moes daar altyd ‘n plan geprakseer word.

Voordat ek verlede week plaas toe is het ek instruksies gekry wat ek alles moes doen. Een was dat ek altyd die tussen hek tussen huis deel en pad na hoenderhokke moes toe hou sodat die klomp weerbarstige skape nie weer kan wegloop nie.

Donderdag namiddag gaan ek om, Mikey, die boklam terug te vat na haar kampie wat eintlik die hoenderkamp is. Ek het Diego(skaaphond) toegesluit(?) in die tuin om die huis. 

By die hek gekom sukkel ek my as af om die haak uit die ring te kry. Na n gespook kry ek hom uit maar die ding wil om die dood nie weer terug in ring gaan sodat ek die hek kon toemaak nie. Ek trek en ruk, en daar buig ek die een skakel van die ketting waaraan die haak is oop en die haak is af van die ketting. 

Steeds kan ek nie die hek toemaak nie want die ketting is nou in twee. Gelukkig bly die hek toe staan as ek hom los. Ek besluit toe om maar om gou die bok in die hok te sit, en dan te kyk wat ek kan doen. 

In die tussentyd gaan Diego mal tekere. Hy wil net uit en saamkom. Waar hy op die einde uitgekom het weet ek nie. Ek moes toe eers weer terug na hek toe om hom in te laat en weer die hek toe te maak.

Hoenders kos gegee, bok opgesluit en toe is ek terug hek toe. In die tussentyd blaf en huil Trompie in die huis. Hy wil ook uitkom.

Ek probeer om die haak se ring in die oopgerekte ring terug te sit. Nie ‘n kans nie! Nou begin my brein planne beraam.

As ek nou ‘n skroewedraaier of tang of iets plats kan kry om die ring oop te buig sal dit werk? Ek kap eers met ‘n klip maar daar is geen roering in nie.

Ek gaan huistoe om iets te kry om die ding oop te buig. Daar is niks te vinde nie. Ek weet nie waar die gereedskap gebêre word nie. Daar is wel ‘n stewige grafie wat dalk sal help. In die tussentyd besluit ek om ‘n stuk tou te soek om die hek toe te bind.

Niks gekry nie. Volgende plan is toe om ‘n skoenveter van een van die mense se buite 

skoene af te haal. 

Gewapen met grafie, skoenveter en twee honde is ek terug hek toe.

Druk die grafie tussen die ring se twee eindpunte. Druk, ha, dit gee bietjie mee! Aha dis wyd genoeg sodat die haak se ring maklik ingaan. Probleem is die ring glip netso maklik weer uit ook. 

Nou moet ek plan maak om dit weer toe te buig wat onmoontlik is. 

Ek het toe maar die haak ingehaak en die hek met die skoenveter ook toegebind. Netjies met ‘n strik sodat ek dit maklik kan loskry die volgende keer.

Dit het gewerk soos ‘n bom. Geen oop hek gehad of skape wat ontsnap het nie.


Posted

in

by

Tags:

Comments

15 reaksies op “Maandag=Wasdag 30: ‘n Boer maak ‘n plan”

  1. Aankondiging: Maandag=Wasdag – I scrap 2 Avatar

    […] Maandag=Wasdag 30: ‘n Boer maak ‘n plan […]

    Like

  2. Kameel Avatar

    Ag hemel Scrapy jy en die plaaslewe!! Ek sien jou daar werfskaf met tjankende brakke. Jy sou ‘n goeie boervrou uitgemaak het 😂😂😂😂😂

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, ek praat natuurlik in tale tussendeur as dinge nie wil werk nie. Veral as die honde ook nog tussendeur wil weghol of rof wil wees. Diego kom natuurlik gedurig om Trompie by my weg te lok. Hy’s so rof dat arme Trompie hom met tye lekker afknou.

      Liked by 1 person

  3. Aletta - nowathome Avatar

    Omtrent ‘n gedoente met die hek!

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Beslis, was naderhand vuurwarm geswoeg en die ring wou net nie oopbuig nie.

      Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Haha, het nog nie gehoor wat die mense gedink het dat ek die skoenveter gebruik het nie. Hier het hul mos buite en binne skoene.

      Liked by 1 person

  4.  Avatar
    Anoniem

    my bydrae vir ‘n boer maak ‘n plan.

    Maandag = Wasdag: 30 ‘n Boer maak ‘n plan

    Like

  5. […] Hier is my bydrae tot: ‘n Boer maak ‘n plan. […]

    Like

  6.  Avatar
    Anoniem

    eks nie seker hoekom ek as anoniem deurkom nie. Hierdie is myne.

    Maandag = Wasdag: 30 ‘n Boer maak ‘n plan

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Ek sien jy is anoniem. Kameel was verlede week ook anoniem. Moet nog bietjie gaan kyk wat ek moet verander en sal laat weet as dit reg is.

      Like

  7. Kameel – ‘n Boer maak ‘n plan – Kameel se gebabbel Avatar

    […] Scrapy se Maandag = Wasdag Uitdaging. […]

    Like

    1. scrapydo2.wordpress.com Avatar

      Dankie kameel sal gaan lees.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.